News

Links:

- SA-Veetelers Gids
- American Gelbvieh
- Ansoria Stud
- Beef Pro
- Canadian Gelbvieh
- Cattle Today
- New Zealand Gelbvieh
- SASAS
- Studbook
- www.bengufarm.co.za

BenguFarmTM BEEF Logo




Contact Us

Sonja: 051 430 2456
info@gelbvieh.co.za

Een van die hoogtepunte van die Pretoria Skou wat jaarliks gedurende September in Pretoria plaasvind, is om die toppresteerders in Suid-Afrika se nasionale beeskudde aan te wys.

Vleissentraal in samewerking met die Landbounavorsingsraad, bied vir die afgelope 31 jaar al die Spesiale Prestasietoetsklas vir Fase C-getoetste bulle aan.

Twaalf bulle van verskillende rasse was weer ingeskryf, nadat hulle voldoen het aan die minimum standaarde om deel te neem, en goedgekeur is deur die onderskeie beestelersgenootskappe.

Die beesrasse wat betrokke was by die Vleissentraal LNR Spesiale Prestasietoetsklas, was onder andere Angus, Braunvieh, Charolais, Drakensberger, Gelbvieh, Hereford, Huguenot, Limousin, Pinzgauer, Red Poll, Santa Gertrudis en Sussex.

Die Gelbvieh-bul Nr ANS070113 van Ansoria Stoetery (Klerksdorp), is aangekondig as die wenner van die Spesiale Prestasietoetsklas. Die eienaar van die bul, Ansoria Geldenhuys, het by die skou ‘n geraamde sertifikaat en wisseltrofee, geborg deur Vleissentraal, ontvang. Na afloop van die skou is die wenbul deur David Johnson geskilder. Hierdie skildery, wat geborg word deur Vleissentraal, is op 3 Februarie 2010 in Klerksdorp deur Anton Vos, uitvoerende direkteur van Vleissentraal, aan Ansoria Geldenhuys oorhandig.